Hoe om vir 'n behuisingsubsidie aansoek te doen
Registreer nou en wag jou beurt af.
1. Wat is 'n staatsbehuisingsubsidie?
'n Staatsbehuisingsubsidie is 'n toelaag wat vir behuisingdoeleindes deur die regering voorsien word. Die regering gee nie kontant aan begunstigdes nie. Die toelaag kan slegs vir behuising gebruik word.
2. Wie kan vir 'n staatsbehuisingsubsidie aansoek doen?
Om vir 'n behuisingsubsidie aansoek te doen, moet jy -
- 21 jaar of ouer wees;
- getroud of enkellopend met afhanklikes wees, of reeds lank saam met iemand woon;
- werkloos wees of nie meer as R7 000 per huishouding per maand verdien nie;
- 'n Suid-Afrikaanse burger wees, of 'n buitelander met 'n permanente verblyfpermit wees;
- nog nooit voorheen staatsbehuisingsbystand ontvang het nie; en
- 'n eerstekeer-huiseienaar wees.
3. Waar om aansoek te doen?
Doen by jou naaste satellietkantoor aansoek. Die Munisipaliteit het seksies wat behuisingsake hanteer. Daar sal rekenaars by die satellietkantoor wees om jou data vas te lê. Rekenaars by die satellietkantore is gekoppel aan die provinsiale databasis.
4. Hoe doen ek aansoek?
Jy betaal geen gelde om aansoek te doen vir 'n huis wat deur die regering gesubsidieer word nie. Besoek jou naaste satellietkantoor en neem die volgende dokumente saam:
- Jou ID-boek
- Jou eggenoot of eggenote se ID-boek (indien van toepassing)
- Geboortesertifikate van afhanklikes (kinders)
- Bewys van inkomste indien jy werk
- Bewyse (bv 'n beëdigde verklaring) wat jy nodig sal hê ten opsigte van uitgebreide familielede (bv jou oorlede suster se kind)
Jy kan afskrifte van die dokumente maak en dit by jou naaste polisiekantoor of landdroshof laat sertifiseer voordat jy die satellietkantoor besoek.
5. Wat van mense met spesiale behoeftes?
Die Afdeling Behuising gee om vir bejaarde en gestremde persone. Hierdie mense het spesiale behoeftes - iemand wat byvoorbeeld in 'n rolstoel is, het 'n huis met wye deure nodig. Die satelliet- en provinsiale kantore het meer inligting hieroor.
6. Ek het aansoek gedoen - wat nou?
Wanneer jy by jou naaste satellietkantoor aansoek doen, ontvang jy 'n bewys van registrasie (Vorm C). Hierdie vorm sal die datum van jou aansoek aandui asook jou aansoeknommer. Neem hierdie vorm saam na jou naaste satelliet- of provinsiale kantoor om te kyk of jou naam op die provinsiale waglys verskyn. Jy moet jou beurt afwag. Gaan altyd die vordering van jou aansoek by jou satelliet- of provinsiale kantoor na.
7. Onthou!
Laat weet die satellietkantoor as -
- jou woon- of posadresbesonderhede verander;
- jou werkstatus verander (as jy jou werk verloor of werk kry);
- daar veranderinge in jou familie is (bv bykomende afhanklikes); of
- jou gesondheidstoestand verander (bv gestremdheid).
8. Kontakbesonderhede
Straatadres
2de verdieping
Sanlam Plaza-Oos
Schoemanstraat
Pretoria
Posadres
Posbus 440
Pretoria 0001
Tel: 012 358 1167
Mnr Bradley Rathumbu
Bestuurder: Waglys- en Subsidieadministrasie
Tel: 012 358 1124
Mnr Peggy Rathete
Adjunkbestuurder: Waglys- en Subsidieadministrasie
Satellietkantore
| Mabopane/Winterveld |
012 358 9737 |
| Ga-Rankuwa |
012 358 9862 |
| Hammanskraal/Temba |
012 358 9816 |
| Soshanguve/Akasia |
012 358 9270 |
| Centurion/Laudium/Laezonia |
012 358 3888 |
| Mamelodi |
012 358 5546 |
| Pretoria Central |
012 358 4315 |
| Atteridgeville |
012 358 5003 |
"Kennis verbeter 'n huiseienaar se lewe, selfbeeld en trots."