Click here to download the Tshwane logo
 03 Sep 2010 Home Page Link Visitors Page Link Business Page Link Council Page Link
Quick Links

Entertainment and Leisure


Financial Services:
 Municipal Budget
 Assessment Rates: Grants and rebates
 Valuation Roll
 Municipal tariffs and fees


Health Care:
 Measles Awareness
 Influenza H1N1 Fact Sheet
 Beating Influenza H1N1
 Beating Flu
 Be Aware of Cholera
 Health Care NGO's
 Health Care: Application for Child Care Facilities
 Hospitals in Tshwane


Transport:
 Bus routes and timetables
 Gautrain
 Gauteng Public Transport, Roads and Works


Municipal Services:
 Municipal Services
 Full-Time Bursaries for Non-employees
 By-laws
 Housing
 Customer Care
 Language Policy (approved August 2007)
 Proposed Municipal Boundaries 2008 (DEM378)
 Street maps & GIS
 Valuation Roll
 Get involved - Ward committees


Safety and Security:
 Public safety
 Safety tips for children and in the office
 Safety and emergency information
 Travel Security Tips


Social Development:
 Schools
 Social Development Department: Youth Development Database



Inligting omtrent die Brandweer vir laerskool leerders

Die brandweer se leuse is:
Semper paratus (dit beteken "altyd gereed")

Hoe versprei brande?

Brande versprei as gevolg van suurstof, vlambare materiaal en hitte. Hoe meer daar van elkeen van hierdie betrokke is, hoe vinniger versprei die brand.

Die driehoek van ontbranding

  • Hitte
  • Suurstof
  • Vlambare materiaal (materiaal wat maklik aan die brand slaan)

Hoe en wanneer moet ek die brandweer laat kom?

Waar daar `n rokie is, is daar `n vuur.

Stel ondersoek in en bel die brandweer as jy vlamme sien. As daar rook by `n huis of gebou uittrek, moet jy onmiddellik die brandweer bel. BLY BUITE!

Die brandweer se nommer is:
  • 10177
  • 012 358 6300
  • 012 358 6400

Hoe rapporteer ek `n brand

  • Praat duidelik.
  • Gee die korrekte straatnaam en -nommer en, indien moontlik, die naaste dwarsstraat.
  • Sê in watter voorstad is die brand. (Thaba Tshwane, Sunnyside, Atteridgeville)
  • Baie belangrik: sê WAT BRAND.
  • Laat jou telefoonnommer sodat die brandweer jou kan terugskakel as hulle meer inligting nodig het.

Vals alarms

Jy mag NOOIT vals alarms deurgee na die Brandweer nie. As jy gevang word sal jou ouers `n groot boete kry.

Hoe word brande geklassifiseer

  • Klas A brande: Hout, gras, rommel.
  • Klas B brande: Vlambare vloeistowwe (bv petrol, paraffien en olie)
  • Klas C brande: Elektriese brande
  • Klas D brande: Metale (bv magnesium en potyster)

Die brandweer se toerusting

Hulle uitrusting (klere) bestaan uit -
  • `n brandpak;
  • stewels;
  • `m brandhelm;
  • asemhalingsapparaat;
  • handskoene; en
  • `n flits
Hulle het ook toerusting soos -
  • brandslange;
  • spuitpunte;
  • toue;
  • lere; en
  • reddingstoerusting

Daar is ook toerusting op die brandweermasjien, naamlik -

  • lere;
  • brandslange;
  • toue;
  • inbreek toerusting vir noodgevalle;
  • skuim;
  • meganiese kake ("jaws of life");
  • asemhalingsapparaat;
  • spuitpunte;
  • brandkraantoerusting; en
  • padkaarte

Gevare vir brandweerpersoneel

Brandweermanne/-vroue word aan baie gevare blootgestel, soos -
  • hoë temperature;
  • rook (wat hulle kan inasem);
  • giftige gasse
  • strukture wat kan intuimel;
  • gasontploffings
  • vlambare vloeistof (wat kan ontplof); en
  • hitte-uitputting

Hoe kan ek `n brandweerman/-vrou word?

Jy kan `n brandweerman/-vrou word as jy -
  • matriek geslaag het;
  • tussen 18 en 25 jaar oud is;
  • medies geskik is (baie gesond is);
  • tweetalig is, of meer as twee tale kan praat;
  • die fisieke toetse kan slaag;
  • daarvan hou om jou medemens te help;
  • oor baie uithouvermoë beskik;
  • lojaal en eerlik is; en
  • te alle tye mense en eiendom sal beskerm.

Tshwane Nooddienste

Tshwane het 14 brandweerstasies:

Tshwane se brandweerpersoneel werk in 12-uur-skofte (van 07:00 die oggend tot 19:00 die aand, of 19:00 die aand tot 07:00 die oggend)

Brandweerpersoneel moet studeer om bevordering te kry. Elke brandweerman/-vrou begin as `n leerling-brandweerman/-vrou en kan bevorder word na gelang van hulle kwalifikasies. Hier is die range:

  • Leerling-brandweerman/-vrou
  • Senior-brandweerman/-vrou
  • Leier-brandweerman/-vrou
  • Stasie-offisier
  • Divisie-offisier
  • Assistant hoof
  • Adjunkhoof
  • Brandweerhoof

Daaglikse take

Brandweerpersoneel se daaglikse take behels die volgende:
  • Die toets en nagaan van alle toerusting
  • Die toets en nagaan van voertuie
  • Die skoonmaak van voertuie en toerusting
  • Administratiewe werk
  • Reageer op alle nood oproepe

ONTHOU! `n Brandweerman/-vrou is jou vriend, nie jou vyand nie!

Home | Previous page | Contact us | Disclaimer | Multilingualism